Testimonials
Hoërskool Langenhoven
Beste Tilana
Ek wil net baie dankie se vir die geleentheid om die noodhulpkursus vlak 1-3 by
te woon. Ek het die kursus ontsettend geniet en baie leersaam gevind. Die
paramediese beroep is beslis n rigting wat ek sal oorweeg vir verdere studies.
Dit was wonderlik om die blootstelling aan die beroep en al sy fasette te kry.
Baie dankie
Bernard Small
0605051562
Hoërskool Langenhoven
Marco van der Linde
Getuigskrif/Testimonial
Die noodhulp vlak 1 kursus was my vierde keer wat ek dit hernu het by my vierde instrukteur. Tilana was die beste instrukteur tot dusver. Die werk is nie afgejaag deur net dit bespreek of notas uit te deel nie. Sy het kort, kort ‘n video gewys en insae gevra wat dit insiggewend gemaak het.
Sy het praktiese elemente demonstreer deur ons as leerders te gebruik. Professioneel en op tyd was die opleiding. Ons kon ernstige vrae vra, en weet net dat as jy bekkig is jy dit terug kan verwag. Hier kon jy met die kursus regtig ‘n klomp waardevolle inligting saamvat om toe te pas.
As opvoeder is dit belangrik dat ons die grondige kennis en praktiese ervaring van “wat as iets sou gebeur” kon uitpraat en demonstrasies kon hê.
Ons klompie opvoeders by Hoërskool Langenhoven in Riversdal wil baie graag ons opvolg kursus weer by Tilana doen en kan ons met trots sê dat sy hoogs aan te beveel is.
Marco van der Linde
Opvoeder by Hoërskool Langenhoven in Riversdal
Linda Marais
Tilana presented a very clear and concise course in First Aid, answering a lot of questions clearing a lot of unsure areas of first aid help on a critical scene. She made sure that we had fun while learning, teaching the class from first hand experience what to expect when arriving on a site where first aid might save a life.
Michaella Michaels
Ek het 8 jaar gelede ‘n geliefde aan die dood afgestaan weens verstikking. Tilana het hierdie 2 dae vir my so baie inligting gegee wat ons kon gebruik het as ons net vroeer daarvan geweet het. Baie dankie Tilana dat jy profesioneel was maar ook ons op ons gemak gelaat het. Jy doen goed en nou kan ek voorkom dat nog iemand aan verstikking dood gaan. Ek sal verseker ander aanmoedig om hierdie kursus te doen en ek self sal weer ‘n kursus by Tilana doen.
Superspar Riversdale
Riversdal Superspar maak sedert 2016 gebruik van Silver-Link se beroepsveiligheidsdienste, insluitend brandblusser- en noodhulpopleiding. Die maatskappy was uit die staanspoor beïndruk met die professionaliteit en kliëntgeoriënteerde diens wat deur Tilana Coetzee, eienaar van Silver-Link, gelewer word. Ek kan getuig dat Tilana altyd alles in haar vermoë doen om ons as kliënt by te staan, en selfs na-ure moeite sal doen om te verseker dat ons personeel noodsituasies korrek hanteer.
Tilana openbaar ‘n passievolle, doelgerigte siening vir ons maatskappy se behoeftes en haar optrede getuig ook beslis daarvan. Sy het die vermoë om ons knelpunte te identifiseer en los dit altyd op ‘n effektiewe en deurdagte manier op. Ek ervaar haar as ‘n beginselvaste persoon en dit is ook deurtentyd sigbaar in haar dienslewering. Sy is stiptelik en professioneel en stel haar kliënte se behoeftes eerste, daarom is dit werklik ‘n plesier om haar as opleidingskonsultant te hê. Ons personeel het nog altyd positiewe terugvoering gegee ná kursusse en respekteer altyd Tilana se insette en hulp, van die groentjies tot die ou hande!
Ons is baie trots om met met Silver-Link geassosieer te word en kan met ‘n geruste gemoed weet dat ons personeelopleiding ‘n prioriteit vir Tilana sal bly. Ons sien daarna uit om nog ‘n lang pad saam te stap en glo ons sal saam nog groter hoogtes bereik.
Riversdal Superspar wens Silver-Link alle sukses vir die toekoms toe en kan Tilana en haar span met die grootste vrymoedigheid aanbeveel.
Ons beste wense vergesel haar.
Danica van Rensburg
RIVERSDAL SUPERSPAR
Karen Jooste
Michelle Panton
Baie dankie Tilana, vir my was dit great praktiese werk wat die belangrike deel is en genoeg teorie om jou te laat dink en te “challenge”, meer as dit sou my brein dalk nie kon hanteer nie en minder sou ek nie “confident” genoeg voel nie. Ek voel heel goed om te weet dat dit is automaties ingedril om te weet wat om te doen op so toneel.
Yolanda Janse v Rensburg
Dit was vir my baie leersaam en Tilana is ‘n uitstekende leermeester! Ek het net gevoel dat dit so baie informasie was dat een dag amper net te min was. Tilana het vreeslik moeite gedoen om dinge so maklik as moontlik te verduidelik. Dankie Tilana!!! Jy is awesome!!